Sale!

Kaptein en Annie Brandt Bundel (1x van elke bottel)

R175.00

-3%

Kaptein en Annie Brandt, die lekkerste mango & chili souse wat jy nog ooit geproe het! Glo ons, dis besonders.

Out of stock

R90.00

Out of stock

R90.00

Out of stock

Landswye aflewering R70 (Gauteng) | R99 (Buite Gauteng)

  • Gemiddelde aflewerings tydperk van 5 – 10 werks dae
  • Plaaslik vervaardig

Kaptein Brandt:

In die vroeë negentien honderds is Kaptein Jan Brandt Lourenco Marques toe om sy goud op ‘n skip te sit. Op die have ontmoet hy vir Vasco Da Gama en hulle raak sommer gou pelle. Vasco gee, as geskenk, vir Jan ‘n bottel van sy Peri Peri sous. Jan geniet die botteltjie warmte baie en begin toe planne maak om sy eie sous te maak. Oppad terug huis toe naby Hectorspruit, op Annie Louw hulle se plaas, ry hy die heerlikste groot mango’s as geskenk. By sy huis in Kaapschehoop bedink hy ‘n briljante plan om mango’s in sy warm sousie te sit en Voila! Kaptein Brandt se unieke Mango Peri Perio sous is gebore.

Die Kaptein en sy pelle geniet dit saam met hulle plankie steak as hulle braai.

DIE KAPTEIN BRAND JOU NET LIGGIES

Bestandele: Mango, Rooipeper, Knoffel, Borrie, Sout, Asyn, Olie, Kleursel (E122), Xantaan Gom

—————————–

Annie Brandt:

Annie Louw, ‘n plaas meisie van Hectorspruit, hou van drie dinge – ‘n man in uniform, mango’s en brand. Kaptein Jan Brandt het twee van die dinge oorvloed gehad en haar Pa het met mango’s geboer. Dus was dit glad nie snaaks dat hulle vinnig trou en sy saam hom Kaapschehoop toe trek nie. Sy verander die Kaptein se mango Peri Peri sous en maak dit warmer soos sy daarvan hou. Baie vermoed Annie se grootouers is van Brakpan want haar Oupa wou ook altyd alles warmer maak.

Annie hou van iets warms oor haar wors en eiers met ontbyt.

JY BRAND NIE VIR ANNIE NIE, ANNIE BRAND VIR JOU!

Bestandele: Mango, Birds Eye Rissie, Knoffel, Borrie, Sout, Asyn, Olie, Kleursel (E1200), Xantaan Gom