Shopping Cart

Centurion, Gauteng

Antwoorde op

Vrae wat ons gereeld gevra word:

Ons lewer landswyd af deur middel van ‘n courier (The Courier Guy). Aflewering begin by R70 vir Gauteng. Sommige produkte soos die Boer Bier Kits se aflewering kos bietjie meer weens die mates van die verpakking en gewig van die items wat gestuur moet word.

Ons is ‘n aanlyn winkel en alle bestellings word per koerier afgelewer. Vir groot bestellings kan daar gereel word om by ons kantoor in Centurion op te tel. Kontak ons vir sulke reelings – info@jouwinkel.co.za

Ons lewer landswyd af deur middel van ‘n courier (The Courier Guy). Aflewering begin by R70 vir Gauteng. Sommige produkte soos die Boer Bier Kits se aflewering kos bietjie meer weens die mates van die verpakking en gewig van die items wat gestuur moet word.

Ons is hier om seker te maak ons kliente is gelukkig met hulle produkte. Ons vervaardigers (klein besighede) werk baie hard om seker te maak alle produkte is top kwaliteit. 

Indien jy as klient voel ons het nie voldoen aan hierdie vereiste nie, kontak ons gerus by info@jouwinkel.co.za 🙂

Omdat dit moeilik is om kliente diens te beheer sodra derdepartye betrokke raak, neem ons nie tans enige herverkoops agente in nie. Indien jy wel ‘n winkel besit wat jy dink sal voldoen aan ons vereistes, kontak ons gerus by info@jouwinkel.co.za

Ons is altyd opsoek na nuwe eg Suid Afrikaanse produkte, indien jy ‘n vervaardiger met ‘n puik produk is, doen asseblief aansoek HIER.

Dit is baie belangrik om die regte aflewerings address te lys wanneer jy ‘n bestelling plaas, indien jy ‘n foutjie gemaak het, stuur asseblief so gou as moontlik vir ons ‘n epos na info@jouwinkel.co.za.

Nadat jy ‘n bestelling geplaas het sal jy outomaties ‘n epos ontvang as bevestiging. Ons skeduleer elke oggend nuwe bestellings op ons koerier sisteem – sodra ons jou pakkie geskeduleer het sal jy weer ‘n outomatiese epos ontvang met jou “tracking” nommer wat jy dan kan gebruik om die status van jou aflewering dop te hou. Indien jy enige vrae het, kontak ons gerus by info@jouwinkel.co.za

Ons dra voorraad van 90% van ons produkte so meeste bestellings word afgelewer as 1 pakkie maar soms (indien ons uit voorraad uit hardloop, die produk per bestelling gemaak word ens) sal ons ‘n produk direk van ons verskaffer af stuur om te verseker jy kry jou items so gou as moontlik.

Benodig jy nogsteeds hulp?

Kontak ons gerus

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Centurion, Gauteng

[]