Shopping Cart

Kliëntediens

Ons kliëntediens span is hier om te help 🙂

Algemene navrae en hul antwoorde

Versending en aflewering

Ons lewer landswyd af deur middel van ‘n courier (The Courier Guy). Aflewering begin by R70 vir Gauteng. Sommige produkte soos die Boer Bier Kits se aflewering kos bietjie meer weens die mates van die verpakking en gewig van die items wat gestuur moet word.

Verwerkingstyd: 24 uur 

Afleweringstyd: Ons probeer ons bes om alle bestellings so gou as moontlik by die klient af te lewer. Laat asseblief 3 – 5 werks dae toe vir aflewering vanaf die bestelling geplaas is.

Let wel: Soms ontvang ons ‘n baie groot hoeveelheid bestellings oor ‘n kort tydperk en dan kan aflewering vertraag word. Al ons verskaffers is klein besighede en ons vra asseblief u geduld hiermee.

As u egter agterkom dat u afleweringsdatum buite die geskrewe tydsbestek is, moet u ons kliëntediens-span nader en ons sal u dadelik help! Kontak ons gerus per epos by info@jouwinkel.co.za

As u enige ander vrae het, kontak ons asseblief en ons sal ons bes doen om u te help.

Nadat jy ‘n bestelling geplaas het sal jy outomaties ‘n epos ontvang as bevestiging. Ons skeduleer elke oggend nuwe bestellings op ons koerier sisteem – sodra ons jou pakkie geskeduleer het sal jy weer ‘n outomatiese epos ontvang met jou “tracking” nommer wat jy dan kan gebruik om die status van jou aflewering dop te hou. Indien jy enige vrae het, kontak ons gerus by info@jouwinkel.co.za

Dit is baie belangrik om die regte aflewerings address te lys wanneer jy ‘n bestelling plaas, indien jy ‘n foutjie gemaak het, stuur asseblief so gou as moontlik vir ons ‘n epos na info@jouwinkel.co.za.

Ons is ‘n aanlyn winkel en alle bestellings word per koerier afgelewer. Vir groot bestellings kan daar gereel word om by ons kantoor in Centurion op te tel. Kontak ons vir sulke reelings – info@jouwinkel.co.za

Omdat dit moeilik is om kliente diens te beheer sodra derdepartye betrokke raak, neem ons nie tans enige herverkoops agente in nie. Indien jy wel ‘n winkel besit wat jy dink sal voldoen aan ons vereistes, kontak ons gerus by info@jouwinkel.co.za

Ons is altyd opsoek na nuwe eg Suid Afrikaanse produkte, indien jy ‘n vervaardiger met ‘n puik produk is, doen asseblief aansoek HIER.

Ons dra voorraad van 90% van ons produkte so meeste bestellings word afgelewer as 1 pakkie maar soms (indien ons uit voorraad uit hardloop, die produk per bestelling gemaak word ens) sal ons ‘n produk direk van ons verskaffer af stuur om te verseker jy kry jou items so gou as moontlik.

Indien daar fout is met jou items

Foutiewe Items

Ons is hier om seker te maak ons kliente is gelukkig met hulle produkte. Ons vervaardigers (klein besighede) werk baie hard om seker te maak alle produkte is top kwaliteit. 

Indien jy as klient voel ons het nie voldoen aan hierdie vereiste nie, kontak ons gerus by info@jouwinkel.co.za 🙂

Kontak ons kliëntediens-span by info@jouwinkel.co.za sodat ons so gou as moontlik die fout kan regstel.

Alhoewel dit bittermin gebeur, is dit moontlik soos met enige aanlyn winkel dat die koerier maatskappy die pakkies kan beskadig. Indien jy ‘n beskadigde pakkie ontvang het, stuur asseblief vir ons kliëntediens-span ‘n epos met fotos en ‘n beskrywing van wat gebeur het na info@jouwinkel.co.za sodat ons so gou as moontlik dit kan regstel.

Indien jou bestelling nog nie deur die koerier maatskappy opgetel is nie, kan jy ‘n bestelling kanseleer deur ons kliëntediens-span te kontak by info@jouwinkel.co.za. Neem in ag dat ons ‘n 15% administrasie fooi mag vra op kansellasies.

Sodra ‘n bestelling uitgestuur word via koerier kan hy nie gekanselleer word nie. Kontak ons kliente diens span by info@jouwinkel.co.za vir enige verdere navrae. 

[]